Hansie se familie album

May 12, 2005 at 08:42 o\clock

Hartseer

Een van die dinge wat mens altyd baie na aan die hart lê, is die hartseer van 'n kind.  Gisteraand het ek dit ervaar toe my dogtertjie, Annelize, baie hard begin huil het toe sy na die foto van haar oorlede oupa, Chris, teen die muur kyk.

Mens besef nie aldag wat die impak van so iets op 'n kind nie.  Hulle is mos altyd baie aanpasbaar en vergeet gou - of so is mens geleer.  My dogtertjie is ses jaar oud en sy het noog nie die smart vergeet toe haar oupa sewe maande gelede oorlede is nie.

Oupa Chris was 'n wonderlike oupa, ouer en skoonpa vir my gewees.  My skoonouers het in 'n woonstel by ons gewoon vir die laaste vier jaar en ons het dus regtig baie met hulle kontak gehad.  Dit was wondelik gewees om hulle so naby te hê en ek kon altyd staatmaak op 'n bietjie hulp as ek dit nodig het.  Oupa was ook baie bedrywig in die tuin en die blomme en groete het al te mooi gegroei.  Toe breek Augustus 2004 aan....

Dit was Augustus 2004 toe hy 'n bloedklont in die been kry.  Na toetse het die spesialiste besluit dat dit lyk asof hy erens in die liggaam kanker onderlede het.  Hy het toe na nog 'n reeks toetse begin met chemoterapie en dit het op die ou einde sy niere laat ingee en hy is in die hospitaal oorlede.  In 'n kwessie van vier maande het die sterk, besige 76 jarige verander in 'n gesstelike en fisiese swak ou man - tot hy oorlede is.

Sy dood was 'n skok, alhoewel dit nie heeltemal 'n verassing was nie.  Een van die grootste problome was om die kinders te vertel en te verduidelik dat hulle oupa nie meer daar is nie.  Dit het veel makliker gegaan en die ses en vyf jariges het dit hanteer asof dit die normaalste ding in die lewe is.  Ja, daar was so bietjie trane, maar dit was heel normaal.

Dit was so twee dae na die begrafnis dat Annelize die eerste keer so histeries hartseer geraak het oor die dood van haar oupa.  Sy het gesit en ruk soos sy huil.  Dit was baie moeilik om haar te troos.

Gisteraand het dit weer gebeur.  Dit was asof al die ou wonde weer oopgemaak word en ek moet erken dat ek ook ewe skielik lus gehad het om saam met my kind hardop te huil.  Ek het ook lus gehad om aan almal te skree en te vra of hulle nie verstaan dat ek ook my skoonpa mis nie!  Jy sien, Pa Chris was vir my ook baie meer as 'n skoonpa - hy was soos 'n pa vir my.  Ek mis hom party dae baie, regtig baie, maar die dae dat ek op 'n klip sit en huil is verby.  Hoekom, want ek is al mooi groot.

My kind, eintlik weet ek presies hoe jy voel.....

May 11, 2005 at 13:10 o\clock

Hi there!

My name is Hansie and this is a blog where I am going to blog anything that happens to my familly.

Ek sal natuurlik ook in Afrikaans skryf, so verwag albei tale.

To start, here is my photo.

 

Tot weersiens!